Boek: Sasol Voëls van Suider Afrika (Vyfde hersiene uitgawe)

Sasol Voëls van Suider-Afrika se vyfde hersiene uitgawe het pas verskyn en is volledig bygewerk deur ʼn deskundige paneel, met bydraes deur twee nuwe voëldeskundiges.

Dié omvattende top-verkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die betroubaarste veldgidse in Afrika. Dit is deur Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Niall Perrins, Dominic Rollinson en Peter Ryan saamgestel en deur Norman Arlott, Alan Harris en Faansie Peacock geïllustreer.

Die boek sluit in:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Voëlroepe wat deur middel van ’n gratis aflaaibare app geskandeer en gespeel word
  • Omvattende hersiening van teks, verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Mees onlangse spesierekords
  • Omvattende dekking van die streek se voëls

Nuwe illustrasies is deur Arlott, ’n uitmuntende Britse kunstenaar, verskaf. Illustrasies deur Harris, gebaseer in die Verenigde Koninkryk (vervanging van al die roofvoëls), en Peacock, bekend in die streek vir sy voëlkunde en kunsvaardigheid (vervanging van al die seevoëls en naguile), is ook ingesluit.

Sinclair is een van Afrika se voorste voëlkykers en het meer as 20 voëlboeke agter sy naam. Hy was senior outeur van die eerste vier uitgawes. Hockey (1956-2013), voormalige direkteur van die FitzPatrick-Instituut vir Afrika-Voëlkunde aan die Universiteit van Kaapstad, was ’n kenner van die biologie van die streek se voëls. Ryan is die huidige direkteur van dié instituut en het verskeie boeke oor die voëls van Suider-Afrika geskryf. Tarboton is ’n bekende voëlkenner en skrywer van verskeie boeke wat ’n goeie ontvangs gekry het. Rollinson het ’n doktorsgraad in die bewaring van seevoëls en werk as ’n voëlgids en Perrins is ’n toegewyde voëlkyker, fotograaf en voëlgids.

Prys: R390,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.