Boek: SAUK 1936 – 1995

Wynand Harmse

Dié boek neem die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan, vanaf 1936 tot 1995, onder die loep. Harmse kyk na die ontstaan van openbare uitsending, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word ook bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word ook gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Oor die outeur:
Wynand Harmse is ʼn voormalige finansiële bestuurder en ʼn voormalige hoof van die SAUK. Hy skryf met gesag danksy baie jare se ondervinding in die topbestuur van die SAUK en deeglike navorsing.

Uitgewer: Naledi
Prys: R350-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.