Boek: SD Fourie-romans vir jou boekrak

SD Fourie

“Die Lanternswaaier” en “Die dooies leef” deur SD Fourie is tydlose liefdesverhale wat veral by liefhebbers van historiese romans aanklank vind. Dié verhale het onlangs in herdrukte uitgawes verskyn.

Die Lanternswaaier (hersien)

Die jong Sophie Lourens se pa dwing haar om saans ’n lantern te swaai en skepe op die rotse te laat loop sodat strandjutters daarop buit kan maak. ’n Matroos van een van dié sinkende skepe vervloek die Lourens-gesin en hul nageslag.

In Die Lanternswaaier word die sondes van die vaders en hul skynheiligheid verken. Ou geraamtes klim uit die kas en die vloek van die matroos kom klop aan elke nuwe geslag se deur. Sal Sophie dit kan vryspring? En wie sal haar hart kan wen, Robert of Kerneels?
Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

Die dooies leef (hersien)

Hanna Bagiano – ’n agterkleinkind van Sophie Lourens met wie lesers in Die Lanternswaaier kennisgemaak het – skryf haar proefskrif oor die genealogie van die Lourens-familie. Maar waarom sê Hanna se ouma Maryna Lourens dat Hanna nie ʼn Lourens is nie, en waarom het Maryna haar as kleinkind ontken en verwerp? Toe Hanna dagboeke van haar ouma en oumagrootjie Sophie begin lees, kom Hanna te staan voor die Lourens-vloek wat van nageslag tot nageslag oorgedra word.
Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

Oor die outeur

SD Fourie is ’n boorling van die Strandveld, ’n streek in die Suidwes-Kaap wat strek vanaf die mond van die Kleinrivier tot by die mond van die Breederivier. Sy is ’n toergids en besit saam met haar man die Strandveld-museum op Franskraal. Sy woon by die see en daarom is haar stories vol wind, mis en seesproei. Haar debuutroman, Die Lanternswaaier, is op RSG voorgelees en is ook in Nederlands vertaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae