George Claassen
Profetiese woorde, bekkighede en raakvat-sêgoed wat die toets van die tyd deurstaan het – alles deur Suid-Afrikaners – is saamgevat in dié boek.
Temas soos die Afrikaner, man en vrou, lewenswyshede, politiek, sterwenswoorde en spyt-kom-te-laat worode word gedek.
Die boek bied ‘n blik op Suid-Afrika se hede en verlede met aanhalings wat saakmaak deur bekende en gewone landsburgers.
Oor die outeur:
George Claassen is ‘n bekroonde wetenskapjoernalis en gereelde artikelskrywer vir die Afrikaanse dagblaaie. Hy is die skrywer van Geloof, bygeloof en ander wensdenkery asook medesamesteller van Die groot aanhalingsboek en Goed om te weet. Hy was hoof van die departement joernalistiek aan die Universtiteit van Stellenbosch tussen 1994 en 2001.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering