Boek: Selfies, seksklets en slimfone

Emma Sadleir & Lizzie Harrison

As ʼn tiener in vandag se tegnoverslaafde wêreld van sosiale media en internet dink jy dalk jy is piekfyn en jy weet presies wat jy doen. Tog: selfs jy weet nie van al die wetlike struikelblokke, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy nou aanlyn doen, sien en plaas nie.

Selfies, seksklets en slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees. Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie. Die boek is boonop spesifiek vir die Suid-Afrikaanse konteks geskryf.

Hierdie boek sal jou op ʼn verstaanbare, interessante en selfs prettige manier help om ʼn gelukkige, bevredigende en – belangrikste van alles – veilige lewe aanlyn te hê.

Oor die outeur

Emma Sadleir is Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied van die wetlike aspekte rondom sosiale media. Sy is die stigter van die Digital Law Company, wat spesialiseer in die opvoeding van maatskappye, werknemers, skole, ouers, onderwysers en universiteite rakende die wetlike, dissiplinêre en reputasie-risiko’s van sosiale media. Sadleir is ook medeskrywer van die boek Don’t Film Yourself Having Sex and Other Legal Advice for the Age of Social Media.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R200,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.