[Boek] Shéri – nes ek is

Sheri BrynardShéri Brynard, Colleen Naudé

Shéri Brynard is gebore met Downsindroom. Dokters het haar ma min moed gegee, maar vandag, 35 jaar later, is Shéri ‘n lewendige jong vrou met menige avontuur op haar kerfstok. Sy het vir Oprah ontmoet, hand geskud met die president en by internasionale konferensies opgetree. Shéri was ook te sien in Binnelanders en het al in toneelstukke op onder meer die Vrystaat Kunstefees opgetree.

In hierdie boek vertel sy openhartig van die hartseer en vreugdes van haar merkwaardige lewe. Haar ma vertel hoe dit is om in Shéri se skaduwee te lewe. Susette deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom, en haar en haar dogter se reis die onbekende in.

Shéri – nes ek is is die verhaal van ‘n buitengewone vrou wat danksy harde werk, wilskrag, deursettingsvermoë – en ‘n diepe afhanklikheid van God – haar lewe voluit leef.

Oor die outeur

Shéri is een van min persone met Downsindroom in die wêreld wat ’n tersiêre diploma het. Sy is ’n ambassadeur vir alle Downsindroommense en het al by meer as 400 konferensies en ander geleenthede opgetree. Sy werk ook voltyds as ’n assistent by Lettie Fouche Skool vir kinders met gestremdhede. Sy was ook al in verskeie toneelstukke.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R210.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zettie ·

Die eerste keer wat ek ‘n onderhoud gesien het oor hierdie merkwaardige jong dame, was ek vreeslik aangedaan. Mens sien so maklik neer op ander. Ons is almal skuldig hieraan. Welgedaan jonge dame. Jy gaan nog baie vêr kom in die lewe. En ook so aan haar moeder wat haar so bystaan en in haar glo. Jy is ‘n Moeder duisend!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.