Boek: Shisanyama

Jan-braai.Jan Braai

Jan Braai het vroeg in 2017 ‘n ‘crowdsourcing’ oproep uitgereik, en die reaksie van die Suid-Afrikaanse publiek was oorweldigend. Van die honderde inskrywings wat hy ontvang het, het Jan meer as 80 gunsteling Suid-Afrikaanse braairesepte getoets en ingesluit. Elke inskrywing vertel die storie van hoe die resep ontstaan het, hoekom dit spesiaal is – en natuurlik vier dit die diversiteit van shisanyama in Suid-Afrika.

Shisanyama beteken letterlik ‘om vleis te verbrand’ in Zoeloe, en verwys na die samekoms en kuiers wat gepaard gaan met die gaarmaak van vleis op ‘n oop vuur. Ontdek Mzansi-gunstelinge soos Ribs, Ontbytpizza, Chakalaka, Brandewyn & Coke Rib, Rooikerrie mossels, Mieliebrood, Mosterdroomys met T-Bone steak, Waatlemoenslaai en Lam jaffels, met baie ander kosbare resepte net soos Jan Braai dit kan doen.

Oor die outeur

Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuier- en kosfees gemaak deur Erfenisdag nie-amptelik te herdoop tot Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle Suid-Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R345,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Basson ·

Ek geniet sy bydraes, programreekse en fietsry avonture terdee, maar dis tog jammer (in my opinie) dat Jan nie ‘n eg Afrikaanse naam gebruik het.
Ek glo sou die boek se naam bv net ‘JAN BRAAI’ gewees het, sou dit meer trefkrag gehad het en ook sy handelmerk sommer op die koop toe goed gedoen het.

Cherokee ·

Interessant dat jy dit uitwys. Mense let dikwels nie fyn genoeg op nie en hierdie keer was ek self skuldig daaraan. Jan Braai, dit is dingetjies soos hierdie wat my, wat andersyds jou boek sou koop, van opinie laat verander. Politieke korreksie is een van die mees irriterendste dinge waaraan jy jouself kan skuldig maak en jou bankbalans negatief beinvloed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.