[Boek] Sielsiek: Die psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers

Sielsiek_voorbladDr. Henk Swanepoel en Carla van der Spuy

Waarom “haak mense se koppe uit”?

Chris Mahlangu het vir Eugene Terre’Blanche vermorsel, nie bloot net doodgeslaan nie.

’n Jong man slaan ’n verpleegster met ’n stuk hout in die veld dood en moker haar kêrel tot in die hospitaal se waakeenheid.

’n Ander jong man slaan beide sy aanneemouers bewusteloos met ’n krieketkolf en dan steek hy hulle meer as 20 keer elk in die bors met ’n mes voor hy sy pa keel-af sny.

’n Manlike prostituut slaan sy vriend soveel keer met ’n knopkierie oor “onsedelike voorstelle” dat dié sterf aan ’n skedelbreuk.

Waarom sal ’n heteroseksuele man wat by prostitute slaap ’n seun by winkelsentrum oplaai en met hom lol?

Waarom?

Dié boek bevat vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers, vertel deur ervare misdaadskrywer Carla van der Spuy en die kliniese sielkundige, dr. Henk Swanepoel.

Elke misdadiger se agtergrond word bekyk, so ook die dag van die misdaad, die hofsaak, dr. Swanepoel se onderhoude en bevindings tydens die verhoor, en uiteindelik ook die opvolgtronkbesoek – van aangesig tot aangesig met die persoon.

Sielsiek bevat ook breë, toeganklike inligting oor persoonlikheidsversteurings en bekyk middelmisbruik as ’n moontlike oorsaak tot misdaad.

Oor die outeurs

Carla van der Spuy is ’n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van niefiksieboeke, insluitend Mens of monster en Man or Monster (2012) en Bloed op haar hande en Blood on her hands (2015) wat deur BooksLive gelys is as een van 2015 se mees verbysterende Suid-Afrikaanse ware-misdaad-boeke. Hierna volg die topverkoper Mishandel, misbruik, misken en Battered, abused, shamed (2016) wat die hartverskeurende verhaal van Amor van der Westhuyzen (dogter van Joey Haarhoff) vertel.

Dr Henk Swanepoel het aan Universiteit Pretoria en Sefako Makgatho Health Sciences University gestudeer. Hy is ‘n navorser, dosent, ervare kliniese sielkundige en psigo-geregtelike evalueerder wat al vir die afgelope 17 jaar by strafregtelike en siviele sake betrokke was.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R230.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.