Boek: Siembamba – Immergroen rympies vir kinders

Kinderrympies_Siembamba.jpgWendy Maartens

Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”?

Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies.

Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. “Ek het hierdie boek saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne die bladsye van een bundel teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is ’n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.”

Hierdie is beslis ’n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.

Oor die outeur:

Wendy Maartens het grootgeword op Worcester, waarna sy op George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Sy put vreugde uit die klein dinge in die lewe en is ontsettend dankbaar vir haar vriende en familie. Vorige titels uit haar pen sluit in Lena se bottelboom, ’n Ster met strepe, Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, My eerste atlas: ’n wêreld-atlas vol asemrowende feite en Vertel vir my’n storie.

UITGEWER: LAPA UITGEWERS
PRYS: R179.99*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Moira Daya ·

Baie dankie vir hierdie boek Wendy en Maroela. Ek sing Afrikaanse rympies vir my 2jarige kleinkind en kon nie als meer onthou nie. Daar is n nuwe kleintjie oppad een van die dae en ek kon nie op n beter tyd uitgevind het van Siembamba nie !! Is dit by beskikbaar by “Exclusive Books” ? Kan ek. “E B” vra om dit vir my te bestel indien hulle dit nie het nie ? nie Ek beplan om vandag in. Te gaan Exclusive Books toe . Baie dankie weereens

Karin van Rensburg ·

Ek wil graag so n boek koop vir my klein dogter in Ierland. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.