Boek: Siobhán van die sirkus

Siobhán van die sirkus

Jaco Fouché

En ek is die een met die naam wat al hoe meer mense deesdae reg uitspreek, al vrees ek die skade is reeds gedoen deur die miljoene kere wat ek “Sioebên” genoem is. Dis “Shiwon”, my magtig, dis hoe ’n mens dit sê, met ’n w soos in witwarm-klap-as-jy-weer-my-naam-verkeerd-kry.

Dis ’n coming of age-storie met Siobhán, ’n effens opstandige tiener in graad 11 as hoofkarakter. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”.

By die sirkusskool ontmoet sy ’n uiteenlopende klomp karakters (elk wat sy eie spreekwoordelike masker dra) wat almal uiteindelik ’n invloed op haar sal hê in haar soeke na haarself – soos Klein-Piet, die sirkusinstrukteur en sy geheimsinnige Columbine, en die ernstige, volwasse Greer wat glad nie inpas by ’n sirkusskool nie, maar wat deurentyd ’n sterk invloed en selfs houvas op Siobhán het. Aan die einde sal sy van Greer sê: “Ek is onder haar invloed uit, ek het ouer geword en ek kan vir myself dink . . .”

Oor die outeur:
Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe (1996), is in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon sowel as vir die M-Net-prys benoem. Ander werke sluit in: Paartie by Jake’s (1997), Die avonture van Pieter Francken (2005), Twee dae in Mei (2007), Ed van Inligtingstelsels (2009) en Die gryslandverblyf (2010). Van Jaco se kortverhale word in Sarie gepubliseer en hy doen ook vertalings na Engels, o.m. Kleinboer se veelbesproke roman Kontrei, onder die titel Midnight Missionary (Zebra Press, 2007). Sy roman, Verstevlei, het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, 2012. Siobhán van die sirkus is Jaco se eerste jeugroman.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.