Boek: Skadujagter

Die 17-jarige Heibrandt bevind homself in ‘n buitengewone skool, waar hy deur streng sekuriteit dopgehou word. In
groepsterapiesessies word hy aangemoedig om sy lewensverhaal te vertel. Geleidelik ontvou die nagmerrieverhaal
van hoe hy hier beland het – met ‘n verband om die gat in sy kop.

Hierdie sielkundige riller neem die leser op ‘n spanningsvolle reis, waarin die grense tussen werklikheid en hallusinêre beelding getoets word.

Oor die outeur:
Dihanna Taute is op 6 Januarie 1983 in Welkom gebore. Sy is die skrywer van die gewilde “Lehandi”-reeks met titels soos Ek en Prins Donkerkuif (2016). Sy is vereer met ‘n ATKV-Woordveertjie in Namibië in 2017. Sy en haar man het onlangs na Nieu-Seeland verhuis met hul vier kinders.

Uitgewer: Human & Rousseau
Outeur: Dihanna Taute
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.