Boek: Skadumagte

Malene Breytenbach

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie, wraak en intimidasie. Iemand fnuik of wreek plaasmoorde. Dit lei tot meer bloed.

Die regter se weduwee word ook bedreig en moet beskerm word. Die man wat sy as haar veiligheidswag aanstel, is ’n oud-Recce. Het hy iets met die moord op die regter te doen?

Oor die skrywer

Malene Breytenbach het by die Universiteit Stellenbosch gewerk toe haar eerste romanse, Palmyra herleef, in 2005 deur Lapa Uitgewers uitgegee is. Sedertdien is byna 50 van haar kontemporêre, mediese en historiese romanses deur Lapa en Tafelberg-Uitgewers, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, gepubliseer. Breytenbach skryf ook romans, kortverhale en koerantartikels en haar resensies verskyn gereeld in tydskrifte en koerante. Sy woon in Stellenbosch saam met haar man, Willie.

Genre: Spanningsfiksie
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R350,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.