Boek: Skag

Jaco Wolmarans

Dit is 1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas ʼn vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van ʼn groep “US Navy Seals” wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent, Ashley Ramirez.

Dit word ʼn nagmerrie-tog van die Noordsee tot by ʼn geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, ʼn aksiebelaaide wedren teen tyd om ʼn katastrofiese kerntoets stop te sit voor dit ʼn internasionale voorval veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Genre: Fiksie
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R310,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek nou by 
NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.