Nicola Baxter
‘n Wonderlike versameling van 145 klassieke storiese n rympies vir kinders. Pragtige, kleurvolle prente illustreer dié omvattende versameling dierestories, teddiebeerstories, geliefde sprokies, klassieke feëverhale en tradisionele kinderverse. Hier is ‘n storie of ‘n rympie vir elke geleentheid, vir voorlees of selflees, vir speeltyd, storietyd of slaaptyd – hier is iets vir elkeen!
Met Afrikaans deur Leon Rousseau en sy dogter, Wiesie Rousseau, en met eg-Afrikaanse berymings, deur onder meer DJ Opperman, Elizabeth van der Merwe, EP du Plessis en Willem Versveld, van klassieke kleuterverse.
Oor die outeur:
Nicola Baxter het reeds meer as 300 kinderboeke geskryf of saamgestel. Sy ontwikkel projekte en konsepte vir ‘n wye verskeidenheid internasionale uitgewers, en geniet veral die spesiale verhouding tussen illustrassies en woorde in kinderboeke.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R199-95*
*Prys onderhewig aan verandering