Boek: Skeepsjoernaal van VOC-vlootadmiraal geboekstaaf

Dan Sleigh

Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Hulle word een-een siek – die gevreesde kinderpokke. Op 12 Februarie gaan die gesin aan land in Tafelbaai. Enkele maande later is sowat die helfte van die Kaapse bevolking aan pokke dood.

In Retoervloot – Kaapstad en die VOC In 1713 bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog.

Oor die skrywer  

Sleigh is op 3 November 1938 op Geelbeksfontein aan die Weskus gebore. Hy behaal matriek aan die Hoërskool Vredenburg en sluit daarna by die Suid-Afrikaanse Vloot aan. Sleigh gaan studeer tot 1962 aan die Paarlse Opleidingskollege om ʼn liggaamsopvoeding-onderwyser te word en hy gee daarna skool in Namibië en in Kaapstad.

In 1969 het Sleigh sy BA-graad met geskiedenis en Engels aan Unisa verwerf, daarna voltooi hy sy MA-graad met lof en in 1987 voltooi hy sy doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch. Hy werk tot met sy aftrede in 1996 by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Sleigh het in 1974 sy digdebuut gemaak met die bundel Duif oor water. Daarna het hy boeke met ʼn geskiedkundige agtergrond geskryf, soos Die buiteposte en Tussen twee vlae.

In 2001 wen hy die Sanlam/Insig/Tafelberg-romanwedstryd vir sy roman Eilande. Dié boek is later ook met die WA Hofmeyr-, RAU-, M-Net-, en Helgaard Steyn-pryse bekroon.

Prys: R350,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
annie

Soos Karel Schoeman gebruik Sleigh geskiedenisfeite bloot as riglyne en bakens vir sy romans. Sy eie ideologie en politieke sieninge is verweef. Die werke moet nie as absolute feite oor die geskiedenis geïnterpreteer word nie.