Boek: Skep herinneringe met dié kookboek

Kosbaar is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ʼn bekende kosblogskrywer is.

Berry se hartsbegeerte is om ʼn boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis saam met nabye vriende en familie herinneringe kan skep. In haar eie woorde: “Kos is ʼn manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!”

Kosbaar bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ʼn Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ʼn goeie mengsel van boerekos met ʼn sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ʼn nuwe baadjie, soos malvapoeding met ʼn pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood. Kosbaar bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Berry onlangs vasgestel het sy is allergies vir graan.

Prys: R380,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.