Boek: ‘Skeppers’ – Lizanne Barnard

Met grendeltyd het Lizanne Barnard ʼn uitnodiging aan die “buitewêreld” gerig: “Stuur vir my jou woorde (gedig) en ek maak vir ons ʼn liedjie”.

Dit was die begin van ʼn woordprojek waarby sangeres en skilder-kunstenaar Anna Davel, ander gaskunstenaars, skrywers, fotograwe, instrumentaliste, rolprentmakers, mediapersone en -instansies, en Naledi Uitgewers betrokke geraak het.

Vir die bundel is lede van die publiek ook genooi om foto’s in te stuur. Die beste foto’s is gekeur en by die gedigte gebruik.

Skeppers is ʼn samekoms van poësie, musiek, die fynere kuns van skilder en fotografie. ʼn Bundel wat lesers met al hul sintuie moet ervaar. Die musiek is ingesluit en kan beluister word terwyl jy die gedig lees en na die foto’s kyk.

Oor die samesteller

Barnard is in 1964 gebore en is met Wayne Raath getroud. Sy het ʼn seun Adam Helberg, wat onder die verhoognaam Pyjama Shark optree. Sy het ʼn passie vir die kunste en respek vir enige iemand wat uit oënskynlik niks, iets kan skep. Barnard het haar graad in uitvoerende kuns aan die UP voltooi en beywer haar tans as komponis, sangeres, pianis en vervaardiger.

  • Lizanne het ʼn draai in die Maroela Media-ateljee gemaak om te gesels oor die sintuiglike ervaring wat Skeppers aan lesers bied. Sy het ook een van die gedigte (‘Stilte’ deur Riaan Prinsloo) voorgelees wat in Skeppers verskyn. Klik hier om na die volledige onderhoud te luister.

Prys: R240,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Naledi Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.