Boek: ‘Skeur’ – Carel van Rooyen

Carel van Rooyen

Dit is nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie. Sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar die lewe is ʼn veldbrand wat alles vernietig. Dit maak nie altyd sin nie. Soos haar pa wat te vroeg weg is. Of hoe meneer Voster haar laat voel. En nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ʼn kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.

Oor die skrywer

Carel van Rooyen is gebore en getoë in Kakamas. Hy het ʼn honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch behaal en werk tans in die onderrigsektor as DTP-spesialis by Optimum Learning Technologies. Van Rooyen is 28 en woon in Durbanville.

Prys: R175,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.