Boek: Skokvlug

John Coetzee

Van kleins af is Dawid Pruyt versot op vlieg. Noudat hy binnekort sestien sal wees, haal hy alles uit om sy studentevlieënierslisensie te verwerf. Hy studeer egter in die geheim, want sy streng pa is geheel en al daarteen gekant. Nietemin, vorentoe beplan hy om sy vlieënierslisensie te kry sodat hy eers by die Suid-Afrikaanse Lugmag se gewilde span Silwer Valke kan aansluit, maar iets gebeur wat sy droom verpletter.

Sy meisie, Donna Brummer, wat self ook ʼn ernstige terugslag in haar lewe ervaar het, weet egter hoe om Dawid se situasie te hanteer. Ná ʼn vlug Kaap toe, beleef die twee saam die haglike toestande op die Kaapse Vlakte waar die gebruik van dwelms, perlemoenstropery, kaping en moord hoogty vier. Dawid moet sy onsekerhede oor sy eie toekoms laat vaar en fokus op die penarie waarin hulle hulself bevind.

Oor die outeur

John Coetzee is ʼn bekroonde skrywer en veral bekend vir sy reeks genaamd Buks. Baie van sy boeke was vir skole en onderwyskolleges landswyd voorgeskryf, onder andere Buks en die Goudsoekers, Struben se Goue Vallei en Accident on Rocky Pass.

Sy boek Dance of the Freaky Green Gold het die Sanlam Silver Prize for Youth Literature 2007 gewen en was op die kortlys vir die English Academy Percy Fitzpatrick Price for Youth Literature in 2010. Hy woon in Pretoria.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.