Boek: Skoppensboer

skoppensboer voorblad

Duane Aslett

“Want swart en droef, die hoogste troef . . . oor ál wat roer, is Skoppensboer” – die laaste woorde wat Skoppensboer se slagoffers hoor voor hy hulle “uitvee”. Want as hy van iemand ontslae raak, is dit asof hulle nooit bestaan het nie. En dus weet niemand wie Skoppensboer werklik is nie.

Daarom word Rex Reynecke se hulp ingeroep. Sy opdrag: infiltreer die onderwêreld van georganiseerde misdaad en stel vas wie Skoppensboer is. Maar in hierdie onderwêreld is vertroue ʼn luukse wat niemand kan bekostig nie. Want almal het geraamtes in die kas. Soos Niel Campher, wat slegs sy samewerking gee om die Valke van sy rug af te hou.

En wat is die beeldskone Alicia Vermeulen se geraamtes? Want die laaste ding wat Rex in sý omstandighede kan bekostig, is om op ‘n prostituut verlief te raak…

Oor die outeur:
Duane Aslett is ’n senior lektor in forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit. Hy studeer tans vir sy LLD aan die NWU oor die onderwerp Combating Organised Crime in South Africa. Hy en sy vrou, Tammy, woon op Potchefstroom.

Uitgewer: Quellerie
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.