Boek: Skuif

Martin Ince

Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee ʼn ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.

Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms voorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R475,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Sjoe, uitstekend, in AFRIKAANS!
Dankie vir nog ‘n uitmuntende Protea Boekhuis vertaling! (in Engels is die boek bekend as “Drift”)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.