Boek: Slim vang… die grap!

Slim vang die grap.jpgPieter van der Lugt
Illustrasies deur Maja Sereda

Hier is nog sowat 100 nuwe, oorspronklike grappe vir laerskoolkinders, volgens die wenresep van die  eerste titel (Hoe meer haas, hoe minder wortels, 2014), en volgens onderwerpe bymekaar geplaas.  Maja Sereda se lyntekeninge in swart en wit bring die humor nog verder uit.

’n Klompie voorbeelde:

Waarheen gaan Kersvader as hy siek is?
’n Ho-ho-hospitaal.

Waar doen die heks haar werk?
In ’n kan-toor.

Wie is ’n vampier se gunstelingmense?
Sy bloedfamilie.

Juffrou vra vir Jannie om op ’n kaart te wys waar Amerika is. Hy maak so en gaan sit weer.
“Mooi,” sê die juffrou. “En wie het Amerika ontdek?”
“Jannie, juffrou!” sê die klas.

Oor die outeur

Pieter van der Lugt is ’n vryskutskrywer en -redakteur wat in musiek, TV, film, popkultuur, humor en skryfwerk vir kinders spesialiseer. Hy was vir baie jare Huisgenoot enYou se vermaakredakteur. As vryskut sedert 2005 kan hy later slaap en ’n groter verskeidenheid werk doen, sê hy. Dit sluit o.a. vertaal- en redigeerwerk vir National Geographic Kids, weeklikse TV-rubrieke in Die Burger, Beeld en Volksblad, kopieskryf vir advertensies, en lirieke en musiek vir klingels in.

Oor die illustreerder

Maja Sereda het op 10-jarige ouderdom uit Pole na Suid-Afrika geëmigreer. Ná haar skoolloopbaan by Pro Arte Alphen Park het sy aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy het al verskeie ATKV Kinderboektoekennings ontvang, asook die SCBWI Crystal Kite vir A Kite’s Flight, deur William Gumede (Jacana). Maja woon in Seattle, VSA.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R85,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.