Boek: Slimbegin Vlak 2

slimbegin

Anita Potgieter

Hierdie opvoedkundige aktiwiteitsboek bou voort op die grondslag wat in Slimbegin Vlak 1 gelê is en is geskik vir kinders 7 tot 9 jaar.

Dit is spesiaal ontwerp om kinders se wiskunde- en taalvaardighede te slyp, terwyl dit hulle uitdaag om te dink en kreatief te wees. Die prettige wiskunde-oefeninge voldoen aan die kurrikulum van Graad 1 tot 3 en die taalgedeelte bevorder woordbou, taal, lees en klankvaardighede, sodat dit leerders ook aanmoedig om die vaardighede wat hulle in hul eerste en tweede jaar op skool leer op ‘n nuwe manier te oefen.

Eenvoudige en duidelike instruksies maak die aktiwiteite maklik om te voltooi, terwyl ‘n sterretjie telkens vir die kind aandui waar om te skryf. Agter in die boek word die antwoorde maklik uiteengesit.

Gee jou kind ‘n voorsprong met Slimbegin!

Oor die outeur:
Anita Potgieter is ‘n oud-onderwyser wat reeds vir baie jare remediërende klasse aanbied vir leerders wat probleme ondervind met wiskunde of lees. Sy help kinders ook met hulle algemene skoolwerk en dit bring mee dat sy altyd op hoogte is met verwikkelinge in die onderwys. Om hierdie reeks saam te stel het sy haar jare se ondervinding en ook die jongste kurrikulum vir die Grondslagfase, as riglyn gebruik.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R99-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.