Boek: Snak

Rouxnette Meiring

Dit is 2317. Die jong reisigers van ||Hui !Gaeb is op verskillende plekke in Chinafrika vasgevang.

Amber en Shivani wag by die Kangogrotte met die jonger kinders. Kaleb is betower deur ʼn skynbestaan in sy sonstad Aksum. Shaka probeer oorleef op ʼn verlate eiland en in Egipte skei Kara en Mohlomi se paaie ook.

Wat beteken die magiese voorwerp wat Kara en Mohlomi by die Isisbeeld gevind het, ʼn voorwerp wat verskillende name in verskillende kulture het? Is dít die sleutel wat die slapende ouers sal wakker maak? Dis asof die diere, voëls, plante, klippe en die elemente saamspan om die mens-kinders te help antwoorde vind.

Snak is ʼn spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde. Dit volg op Kraak, waarin die reis uit die koepelstad aan die suidpunt van Afrika begin het.

Oor die outeur

Rouxnette Meiring het in die Klein Karoo grootgeword, drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en later in Parys en Johannesburg gewoon voordat sy haar in Kaapstad gevestig het. Sy het ʼn meestersgraad in Film & Mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en werk aan ʼn doktorale tesis in Omgewingsopvoeding (ook aan die UK). Sy woon in Fresnaye, Kaapstad.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R185,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.