Boek: Soekmekaar

Dana Snyman

“Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig ’n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes ’n spons water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in.”

Soekmekaar is ’n stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n veertigste skoolreünie.

In Soekmekaar vertel Dana Snyman van begrafnisse, troues en ’n skoolreünie, van sy ma en Katrina en van die Bogosi-familie wat ook sy familie word; stories van hoe ons oor grense heen na mekaar probeer uitreik. Hoe ons mekaar soek maar nie altyd vind nie.

Hy beskryf hoe mense oor grense na mekaar probeer uitreik. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Menslik, roerend, hartseer én snaaks, soos net Dana Snyman kan.

“’n Baie persoonlike reis wat wipplank ry tussen wanhoop en hoop. Dana op sy beste.” – Johan Bakkes

Oor die outeur:

Dana Snyman het eers as misdaadverslaggewer by Beeld gewerk, daarna skryf hy vir Huisgenoot oor enigiets van bomontploffings tot die wereld-kettieskiet-kampioenskappe. Van 2004 tot 2008 was hy die reistydskrif Weg se reisskrywer. Sy rubrieke en stories verskyn steeds geereeld in die dagblaaie en talle tydskrifte, meestal Huisgenoot.  Vir sy skryfwerk het Dana reeds talle Mondi- en Pica-toekennings sowel as ATKVeertjies ontvang. Sy boeke is ook telkens topverkopers. Wanneer hy nie op reis is nie, woon Dana op Jacobsbaai aan die Weskus.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oud Rhodie ·

Voortreflike boek. Kon dit nie neersit nie. Dana het `n besondere gawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.