Boek: Soetgoed vir die siel

Soetgoed-vir-die-siel_voor.jpgSusan Coetzer

Soetgoed vir die siel is ʼn samestelling van drie van Susan Coetzer se verhale oor die soeke na soetgoed vir jou siel.

Die 3-boeke-in-1 sluit in: Oros vir die siel, Custard vir die siel en Tjoklits vir die siel.

Dit is drie verhale oor oorwinning en om die pad terug na God se lig te vind

Kyle het ’n ryk man, twee normale tieners en moody copper highlights, maar daar is ’n gat in haar wat sy moet vul.

Oros vir die siel is die verhaal van ’n vrou wat die gat in haar binneste wil volmaak. Sy probeer die Oros vir haar siel vind, dit wat haar ma altyd ontwyk het. Maar sy soek dit in drank, dwelms, seks en geld.

Isabella is 25 jaar getroud met ’n bekende sielkundige, het twee tienerseuns en ’n mooi huis. Tog is sy steeds gevul met pyn.

Custard vir die siel is die verhaal van ’n vrou wie se lewe goed lyk, maar eintlik is dit besig om uitmekaar te val. Sy vergryp haar aan soetgoed en Ingrid se poësie. Haar man neem haar terug na haar geboorteland, waar sy haar pyn in ’n positiewe lewensdoel omskep. Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar.

Shelley bevind haar in ’n donker put – ’n situasie wat vier vroue terugruk na die werklikheid en hulle perspektief op die lewe vir altyd verander.

Tjoklikts vir die siel is die verhaal van vier vroue, Suzanne, Christel, Adri en Lisa, wat voorgee dat hulle lewe die ene glitz en glamour is. Maar eintlik is dit vol pyn en drama. Wanneer Suzanne se dogter deur ’n slegte tyd gaan, laat dit hulle besef dat daar groter probleme is as die menopouse, spykerhakke en Botox.

Uitgewer: Carpe Diem Media
Prys:  R289*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.