Die vroeë jare van die 20ste eeu. Waar Kattie onder die kombuistafel sit, Weskuskiltebuite die deur van die armoedige huisie, Kat op die skoot, luister sy fyn na al die familiestories van haar broers en susters: hoe haar voormense beroof is, die aansitterige buurfamilie – en die susters skinder, Pa slaap in die buitekamer!
As skoolkind word Kattie uitgeplaas na die buurfamilie, waar sy ’n handige stuurdingetjie word, beslis nie ’n gelyke nie. Hierna is sy kinderoppasser by die vername Van Aardes in die Swartland, waar sy ’n beter lewe leer ken: musiek, boeke en fyn maniere. Wanneer sy hiervandaan uitvlug na ’n onbesonne huwelik, stap Kattie onwetend ’n soortgelyke pad as haar ma s’n.
In Soetloop keer Kotze terug na haar vertroude, geliefde oermilieu, die onherbergsame Weskus van SA. Nes in Hoogty kry die leser buitengewoon meelewende insig in ’n huwelik, en in ’n brakkerige lewenspad wat nie altyd maklike keuses bied nie – maar tog met sy varswater-soetlope, as jy fyn kyk.
Oor die outeur:
E. Kotze is gebore op ’n plaas aan die Bergrivier en word groot aan die Weskus. Haar man, skipper Willie Kotze, se vertellings geeaanleiding tot haar eerste bundel kortverhale, Halfkrone vir die Nagmaal (1982). Later volg nog vyf bundels en twee gewilde romans, Toring se baai (2009) en Hoogty (2011). Kotze woon in ’n aftreeoord in Kaapstad.
Uitgewer: Kwela
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Mooi boek Net gister klaar gelees. Nie die polities korrekte storie wat so baie nuwe Afrikaanse romans versinnebeeld. Maar ‘n pragtige storie van ‘n gesin uit vervloë dae.