Boek: Sondebok

sondebok

Irma Venter

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ‘n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ‘n ou misdaad – die verdwyning van ‘n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het.

Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ‘n Foto van die meisie naby ‘n aborsiekliniek in Johannesburg speel ‘n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg.

Alex dek ook ‘n storie oor ‘n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ‘n nuwe lewe in Suid-Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes.

AJ Williams is op 30 kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ‘n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Oor die outeur:
Irma Venter is ’n joernalis by ’n mediamaatskappy in Johannesburg, waar sy in handel en nywerheid spesialiseer. Sy fokus meestal op die motorbedryf. Sy het al verskeie toekennings gekry, onder andere drie Pica-toekennings as handel- en nywerheidskrywer van die jaar.

Reis is haar passie, en sy het al ongeveer 30 lande besoek. Sy werk hard daaraan om die syfer so vinnig as moontlik te laat styg. Mongolië, San Francisco en Mali is nog op haar lys om te verken. Gelukkig laat haar werk haar toe om gereeld te reis.

Sy hou van nuwe plekke, lughawens, woestyne, labradors, produkte wat in Suid-Afrika gemaak word, mense wat nog die moeite doen om kos te maak, lente en herfs, goeie whiskey, goeie koffie en goeie sjokolade, en nie noodwending in daardie volgorde nie.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.