Boek: Spaghetti tussen jou tone

Spaghetti-tussen-jou-tone-HIGH-RES-002.jpgJaco Jacobs

Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is juffrou Zaan van Graan. Almal sê sy word nooit, ooit kwaad nie.

Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent, daarom begin hulle dadelik planne maak. Hulle wil vir juffrou Zaan van Graan woedend maak!

In hierdie splinternuwe, skaterlagstorie uit die pen van Jaco Jacobs, vind die twee grootste poetsbakkers in die skool uit waarom dit nie ’n goeie idee is om met juffrou Zaan van Graan skoor te soek nie.

Jy mag dalk net die een wees wat spaghetti tussen jou tone kry!

Oor die outeur

Jaco het meer as 140 boeke die lig laat sien. Bykans ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy het reeds meer as 250 boeke in Afrikaans vertaal. Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, en hul dogtertjies, plus troeteldiere wat ’n luislang insluit.

Oor die illustreerder

Alex van Houwelingen was van jongs af versot op teken. Hy het in 2006 ’n kursus in inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria voltooi, maar het daarna besluit om eerder ’n vryskutloopbaan as illustreerder te volg. Hy woon in Pretoria en is die trotse pa van twee kleuters.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R110,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.