Boek: Speelmaats-reeks

Rosie Greening

Hierdie oulike reeks boeke is ontwerp om kinders meer oor emosies en sosiale vaardighede te leer. Elke stories fokus op en verken ’n spesifieke emosie of sosiale vaardigheid. Die stories is in eenvoudige, verstaanbare taal geskryf, en die pragtige illustrasies sal kinders boei en vermaak terwyl hulle lees. Agterin elke boek is vrae oor die storie. Dit gee volwassenes die geleentheid om die aangeleenthede te bespreek wat in elke boek aangeraak word, en op die tema voort te bou.

Titels in die reeks:

Krokodil is kwaad

Skaap is bang

Eekhoring is hartseer

Seekoei is gelukkig

Beer leer om te deel

Hamster leer om te help

Katjie leer om te luister

Hondjie leer goeie maniere

As konsultante vir hierdie reeks, het Alison Walker en Sarah Davis advies oor alle aspekte van die teks en illustrasies gegee.

Alison Walker (B.Ed) is ʼn kleuterskoolonderwyser met meer as 20 jaar ondervinding in preprimêre onderwys vir kinders tussen twee en vier jaar oud. Alison lei ook verskeie opvoedkundige groepe, wat wissel van kleuters tot kinders jonger as vyf jaar.

Sarah Davis (B.A. Hons, M.A.) is ʼn ervare skrywer en redakteur van kinderfiksie en niefiksie, met ʼn M.A. in Geïntegreerde Kinder- en Adolessentterapie.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R55,00 elk*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.