Boek: Speurder Annika-omnibus

Elmarie Botes

Annika is versot op speurverhale en raaisels. As sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends!

Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit, maak gereed om leidrade te soek en ʼn hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is ʼn uitstappie na die museum en ʼn geheimsinnige veer wat Annika op ’n speurtog lei; ʼn dief wat stink kunsmis by die skool steel; en selfs ʼn kissie met geld wat uit ʼn juffrou se klas verdwyn. Moenie bekommerd wees nie – Annika sal die raaisel gou-gou oplos!

Vir die heel eerste keer verskyn al vyf opwindende Speurder Annika-stories saam in een omnibus:

  1. Speurder Annika
  2. Speurder Annika kry snuf in die neus
  3. Speurder Annika maak ʼn plan
  4. Speurder Annika los ʼn raaisel op
  5. Speurder Annika stel ondersoek in

Meer as 37 300 kopieë van die baie gewilde Speurder Annika-reeks is al verkoop. Maklike taalgebruik maak hierdie stories perfek vir beginnerlesers. Hierdie 5-in-1-omnibus bied uitsonderlike waarde vir geld.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.