Boek: ‘Spooksoeker #3’ – François Bloemhof

François Bloemhof

WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU’S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán… Dit is tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies – en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas?

Spooksoeker #3 is geskik vir tieners 13 jaar en ouer. Dit is die laaste Spooksoeker-boek in die trilogie en dié verhaal is soos ’n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is!

Oor die skrywer

François Bloemhof was in graad 11 die medewenner van die Amstel Playwright of the Year-toekenning. Bloemhof is een van slegs ʼn handjievol skrywers ter wêreld wat só uitgebreid en suksesvol boeke (oor die 70) vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Onder sy baanbrekerswerk, internasionaal en plaaslik, tel die eerste boek met ’n oorspronklike selfgekomponeerde klankbaan, eerste boek met eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Bloemhof het ook die eerste Afrikaanse strokiesverhaalreeks en heel eerste e-boek in Afrikaans geskryf. Verder het hy al tekste vir die verhoog en radio gelewer. Hy was al verhaalredakteur by SARIE en boekredakteur by Die Burger.

Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.