Boek:  Springbok-Rugbyvasvra: 1001 vrae en antwoorde

Rugby-vasvrae.jpgPierre Francois Massyn

  • Wie het bekendgestaan as “Twinkletoes”?
  • Wat is Suid-Afrika se hoogste toetswedstrydtelling?
  • Wie het die bynaam “Asterix” gekry ná afloop van die berugte “Slag van Tucuman” in 1993?

Welkom by die toprugby-vasvraboek vir ware rugbyliefhebbers! Springbok-rugbyvasvra put uit die rugby-kennisskat op ’n hoogs vermaaklike manier. Die subtitel, 1001 vrae en antwoorde, som die inhoud raak op. Rugbyfanatici kan nou die mees verregaande staaltjies geniet, sowel as die koue, harde feite en statistieke oor die sportsoort waaroor almal gaande is.

Die deeglik nagevorste boek dek die volle spektrum van ons rugbygeskiedenis, van die eerste toetswedstryd in 1891 tot vandag. Die boek het twee afdelings: Toets jou kennis deur die vraag in die eerste afdeling te lees, en gaan dan jou antwoord na in die tweede afdeling.

Rugbyliefhebbers sal ongetwyfeld meer as genoeg uitdagings vind tussen al die vrae wat hier byeengebring is. En, as spesiale bonus, sluit die skrywer ook sy droomspan in – die beste spelers van alle tye in een superspan. Prettig, insiggewend en feitelik – ’n moet-lees vir almal wat rugbymal is.

Oor die outeur:

Pierre Francois Massyn is ’n afgetrede joernalis, vryskut-skrywer en die wêreld se nommer-een-rugbyliefhebber. Hy en sy vrou woon in Suiderstrand, Suid-Afrika.

Uitgewer: Zebra Press
Prys: R180.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.