Boek: Stalmaats: Tweede kans

Lize Roux

Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat ‘n nuwe ryskool op die dorp oopmaak.

Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas – en hy probeer almal ompraat om Hoefslae ʼn kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die Dagbreek-ryskool, maar die nuwe ryskool is baie goedkoper en die eienaar was op sy dag ʼn bekende Suid-Afrikaanse ruiter … Kan dit dalk die einde van die Dagbreek-ryskool beteken?

Om dinge erger te maak, lyk dit boonop of Josh met sy seegroen oë en blonde krulhare ʼn ogie op Anri het – en Anri se kêrel, Jacques, is glad nie gelukkig daarmee nie … en sy ma en pa is boonop die eienaars van Dagbreek.

Toe Anri-hulle ʼn geheim oor die nuwe ryskool uitvind, spat die vonke behoorlik!

Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie is die laaste boek in dié bekroonde en geliefde perdereeks waaroor jong perdeliefhebbers al jare lank gaande is.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R125,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.