Boek: Steinhoff en die Stellenbosse Boys

James-Brent Styan

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Skaars 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot ’n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel.

Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het bedank en sedertdien val geraamtes die een ná die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir ’n blonde minnares en ’n lewe van oordaad.

Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit alles met die sogenaamde “Stellenbosch-mafia” te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensioenarisse se geld heen?

Die bekende skrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie sake-exposé van die jaar, Steinhoff en die Stellenbosse Boys (LAPA Uitgewers).

Die boek is die eerste volledige weergawe van hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met tientalle betroubare bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul Styan die binnewerkinge van die groep.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in raadsale sowel as sitkamers oorvertel sal word.

Die boek is tans in winkels beskikbaar.

Oor die outeur:
James-Brent Styan het in 2003 as ’n rekenmeester gekwalifiseer en daarna sy klerkskap by ’n ouditeursfirma voltooi voordat hy ’n sakejoernalis geword het. Hy het vir jare vir onder meer Finweek, Forbes Africa, Sake24, Fin24, Beeld en Die Burger geskryf en werk tans in kommunikasie. Steinhoff is Styan se derde boek. Sy ander titels sluit in: Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting en Blackout – The Eskom Crisis.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Lapa Uitgewers of Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Browny ·

Moenie huil nie o moenie treur nie die Stellbosch se boys kom weer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.