Boek: ‘Stella se dogters’ – Helene de Kock

Helene de Kock

Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme.

Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie.

Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ʼn verstandige man aan haar sy het.

Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.

Die drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, ʼn plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal, ʼn chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.

Al drie Stella se dogters ly tot ʼn mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil hê.

Maar die lewe het ʼn manier om die erkenning van waarhede af te dwing.

Stella se dogters kom uit Helene de Kock se pen en die boek het pas by Penguin Random House verskyn.

Oor die skrywer

De Kock is ʼn welbekende skrywer wat meer as 40 liefde-, Christelike en historiese romans gepubliseer het. Sy het ʼn doktorsgraad in kreatiewe skryfwerk en dien op die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf heeltyds, gee klas in kreatiewe skryfwerk aan die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, resenseer kontemporêre en populêre vrouefiksie vir die media en doen steeds ook joernalistieke werk. Sy is bekend daarvoor dat haar werk die milieu en tydsgees besonder akkuraat vasvang. Sy skryf graag oor die liefde, maar lê veral klem op die werklikheid en die eise wat die lewe aan verhoudings stel.

Prys: R320,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.