Boekvoorlesing: Sterkykers

SterkykersSaamgestel deur Jaco Jacobs

Die bundel bied vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners en bou voort op Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van die groep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torr en Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van die groep Spoegwolf) in ’n opwindende digbundel wat spesiaal saamgestel is om jong mense se leefwêreld te weerspieël.

Oor die samesteller

Jacobs is een van die veelsydigste Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Hy het reeds meer as 100 boeke die lig laat sien, van prettige prenteboeke vir kleuters tot topverkoper-jeugromans vir tieners. Sy skryfwerk is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die CP Hoogenhouttoekenning en 20 ATKV-Kinderboektoekennings. ’n Fliekweergawe van sy gewilde jeugroman Suurlemoen! is in 2014 vrygestel. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, en twee dogtertjies, Mia en Emma.

Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing van die titelgedig in Sterkykers deur Fanie Viljoen.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: 13 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R160,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.