Boek: Stil oomblikke met God – vir jong vroue

781431615209.jpgAmanda Cowles

’n Bemoedigende woord op die regte oomblik kan jou hele dag verander. Stil oomblikke met God vir jong vroue is ’n ryk dagboek propvol kort, inspirerende gedagtes om jou siel te verkwik en met vreugde te vul.

Die 366 verrykende oordenkings deur Amanda Cowles is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink, iewers sit en wag of enige geleentheid wat jy het om ’n kort tydjie die beste te benut. Geniet die voortreflike illustrasies deur Amylee Weeks terwyl jy nadink oor elke dag se kort oordenking en Skrifgedeelte. Die kragtige daaglikse oordenkings sal jou help op jou reis na ’n lewe gevul met liefde, vreugde en God se genade.

Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag ’n stil oomblik saam met Hom deurbring.

Oor die skrywer

Amanda Cowles en haar man, Tim, is professionele kunstenaars wat heeljaar optree by kerke, skole en kampe oor Amerika heen. Deur buiksprekerskuns, poppespel, treffende lesse, illusies en musiek moedig hulle vertonings kinders en gesinne aan om op te kyk na God en uit te reik na ander.

Oor die illustreerder

Amylee Weeks is van Iowa, VSA, afkomstig en lief vir die Here, haar gesin en om kuns te skep. Nadat sy ’n graad in besigheid gekry het, het sy op die roepstem van haar hart reageer en haar ingeskryf by The Art Institute of Pittsburgh. Sy skryf haar dissipline om steeds skeppend te wees terwyl sy twee kinders grootmaak en voltyds werk aan haar universiteitsjare toe. Amylee kombineer haar geloof en kuns, en dit was eers toe sy hierdie kombinasie ontdek het dat haar kunswerk net uit haar hart begin vloei het.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R249,95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.