Boek: ‘Stil vloei die Komati’ – Elize Parker

Elize Parker

ʼn Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.

Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ʼn toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ʼn skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is Tarien al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier.

En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of te vestig.

Oor die skrywer

Uit Elize Parker se pen het al 40 publikasies in Engels en Afrikaans verskyn, waaronder Christenfiksie-romans, dagstukkie- en gebedeboeke en familie-sages. Sy is ʼn radionuusverslaggewer wat spesialiseer in omgewingsjoernalistiek en die skrywer van die troostantekolom, “Liewe Elize”, in die Huisgenoot. Parker woon in Kaapstad, maar is op haar gelukkigste in ʼn ou Jeep op ʼn kronkelpad na waar sy as stadsjapie met kamera en mikrofoon voorspraak vir bedreigde diere en klimaatsverandering kan maak.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.