Boek: ‘Stillewe’ – Marie Spruyt

Marie Spruyt

Die ware betekenis van la dolce vita …

In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas-gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella de Lucas sigself soos ’n skildery, laag op laag en ontroerend mooi.

In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van “la dolce vita” ken.

Oor die skrywer

Marie Spruyt werk met woorde sedert sy ’n potlood kon vashou. Ná haar uittrede uit die akademiese wêreld het sy gaan reis en by elke rusplek ’n storie raakgeloop. Stillewe is een so ’n storie wat sy in Italië gaan haal het. Sy leef en werk waar haar hart ’n vastrapplek kry.

Prys: 250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.