Boek: Stiltetyd

Marita van der Vyver

Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om ʼn verwaarloosde huis op ʼn plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as ʼn vakansiehuis. ʼn Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen. Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander. Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.

Hierdie is ʼn herdruk van die oorspronklike uitgawe.

Oor die outeur

Marita van der Vyver is vir dekades reeds ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrika en word internasionaal erken as een van Suid-Afrika se heel beste skrywers. Sy woon in Frankryk saam met haar man, drie seuns en ʼn dogter.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.