Boek: StilWo(o)rd

Stilwoord-omslag.jpgMarietha Malan

Die afgelope twaalf jaar skryf Marietha Malan al die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. In dié tyd het sy ons geleer hoe God rondom ons raakgesien kan word. Die Here openbaar hom elke dag in hartseer, vreugde, humor en kwaad wees.

Marietha is nie ʼn predikant of teoloog nie, maar ʼn gewone ma met vyf kinders met al die drama wat daarmee gepaardgaan. Sy leer ons dat jy in die klein dingetjies wat gebeur iets van die Here sien.

Staaltjies uit haar eie lewe word gebruik en haar rubrieke is gevul met karakter en persoonlikheid. Sy trek jou letterlik in die rubriek in en as jy eerlik is, herken jy jouself in byna elke rubriek.

Sy praat met ons nie deur buitegewone gebeure en wonderwerke nie, maar deur gewone dinge. Sy sien die Here raak wanneer sy haar jongste seun na ʼn meisie toe moet aanry. Die Here praat met haar oor rigting deur ʼn GPS wat by die huis vergeet is.

Ek het ʼn GPS op my bedkassie. Dit is swart, met ʼn leeroortreksel. Binne-in is rigtingaanwysers oor die lewe. “U Woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad,” sê Psalm 119 vers 105. Baie van hierdie GPS se aanwysings ken ek uit my kop. Dis vir my oorbekend. Tog volg ek aanhoudend afdwaalpaadjies en val in die sondeverkeer vas.

Die boek is direk beskikbaar by:  Kraal-Uitgewers
Prys: R120.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amanda Grobler ·

My ma was die vrou wat my geinspireer het tot di vrou en ma wat ek vandag is. Sy het my so baie van God geleer en geleer om met Hom te praat nie net bid en vra nie maar praat. My ma was n baie besondere ma en al is sy nie meer met ons nie weet ek sy is waar sy altyd wou wees by die Here sonder enige pyn.

Adele ·

My ma is my rolmodel! Sy weet net hoe om situasies te hanteer

Gertruida Bezuidenhout ·

. . . my vriendin van 28 jaar . . . Hendrina . . . was nog altyd vir my ‘n voorbeeld van ‘n sterk vrou . . . . altyd daar vri haar kinders, haar klienkinders en haar vriende . . . . haar vriendskap is die kosbaarste iets in my lewe . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.