Boek: Stilword-oomblikke aan Jesus se voete

Die belangrikste deel van ’n Christen se lewe is die stilword-oomblikke aan Jesus Christus se voete, elke dag.

Dit is in sy teenwoordigheid dat ons verkwik en bemagtig word om die roeping uit te leef wat Hy vir ons gegee het en om die wedloop van geloof hier op aarde enduit te hardloop. Dít is die gedagtes agter die dagstukke Aartappelgeloof vir elke dag, nou beskikbaar in grootdruk.

Hierdie pragtige Bybelse dagboek is uit die pen en die hart van die geliefde evangelis Angus Buchan. Met sy persoonlike geloofsreis en ware lewenservaring as agtergrond, het hy hierdie 366 dagstukke geskryf om lesers te inspireer om elke dag van die jaar by die Here stil te word vóórdat hulle die dag en sy eise aanpak. En met temas soos leef deur geloof, die krag van gebed, vertrou op die Here se onwankelbare liefde, ontvang krag in God se teenwoordigheid en vele meer, sal jy God se krag in jou lewe ervaar … elke dag.

Hoekom juis Aartappelgeloof? “’n Skotse prediker Peter Marshall het eenkeer gesê – you have to have faith like potatoes. Tangible faith that people can respond to. Faith that you can touch. Faith that you can taste. Faith like potatoes!” sê Buchan.

Sy gebed is verder dat elkeen wat hierdie boek lees die eerste en beste vrugte van die dag vir Jesus sal gee. Hy is die Een wat ons sal verkwik en lei, en Hy is die Een wat vir ons God se wysheid en bowenal sy vrede sal gee.

Hierdie dagstukke is ’n ideale geskenk vir die man of manne in jou lewe hierdie Kersfees.

Oor die outeur:
Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R212-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by CUM Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.