Boek: Stokman

Stokman-voorbladJulia Donaldson

Die Stokman bly in hulle familieboom met sy vroutjie en hulle Stokkies … Maar op ’n dag word hy deur ’n hond weggedra! Stokman wil graag vir Kersfees met hulle herenig word. En as hy Vader Krismis uithelp, kry hy die perfekte geleentheid huis toe!

Oor die outeur

Julia Donaldson is in 2012 benoem as die VK se “Children’s Laureate”, en is die outeur van verskeie blitsverkopers vir jong lesers. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm. Axel Scheffler se bekroonde titels sluit in: Room on the broom en The snail and the whale. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer. Hy woon in Londen, Engeland.

Oor die vertaler

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ebeste ·

Baie oulike storie. Ek het die Engelse weergawe gesien op BBC en van daaraf speel my dogtertjie te lekker met elke stokkie wat sy kan optel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.