Boek: Storiebundel vir jong lesers

Wendy Maartens

Hierdie bundel stories is ’n karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry, het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand, sonder die selfoon, TV en al die 1 001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis, vir jou kind ’n storie te lees.

Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank voor gr. R – by iets eenvoudigs soos ’n slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag.

Oor die skrywer

Wendy Maartens het op Worcester grootgeword, waarna sy op George skool gegaan en matriek behaal het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Maartens is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak. Sy is die skrywer en samesteller van boeke soos Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, Vertel vir my ’n storie, Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories, Towertapyt, Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo en Halala Job Maseko.

Oor die illustreerder

Megan Bird is ’n Suid-Afrikaanse illustreerder wat in Pretoria woon. In samewerking met TBWA Durban en die aangepaste ateljee in Space Ace het sy die Assagi-leiersprys ontvang. Met jare lange ondervinding agter die rug is sy absoluut passievol oor illustrasie en ontwerp en sit sy hart en siel in haar werk.

Ouderdom: Vyf en ouer
Prys: R295,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.