Boek: Stories bied wenke vir moeilike gesprekke met kinders

Siegfried Louw

Die Ligland-reeks help volwassenes en kinders om oor moeilike onderwerpe, die uitdagings van die lewe en geloof te gesels.

Die klip in Lisa se borskas
Die klip in Lisa se borskas vertel die storie van Lisa en die klip wat in haar borskas kom bly nadat oom Han dood is. Lisa help kinders, jonk en oud, om die dood te verwerk. Die boodskap wat Lisa oordra, is dat die liefde altyd sterker is as die dood.

Lisa se storie sal jou hiermee help:

  • Verwerk die dood van ’n geliefde.
  • Omarm jou emosies vir wat dit is.
  • Leer dat jou manier om verlies te hanteer uniek is.
  • Weet dat jy mag voel wat jy voel.
  • Ontdek hoe gelowiges saam verlies verwerk.
  • Vind hoop vir die toekoms, al voel vandag dalk swaar.

Deur Lisa se storie ontdek kinders dat hulle uniek is, dat daar dinge en mense is wat hulle help om deur die moeilike tye van die lewe te kom, en dat die liefde nooit weggaan nie.

Ben en die drakie
Ben en die drakie vertel die storie van Drakie wat gereeld en sommer sonder waarskuwing by Ben kom kuier. Drakie laat vir Ben vinnig asemhaal en laat hom sweet. Ben se storie sal jou help om jou eie drakie mak te maak en om te onthou hoe wonderlik jy gemaak is.

Ben se storie help jou om ’n paar dinge oor angstigheid te leer sodat jy iets daaraan kan doen:

  • Jou lyf reageer op angstigheid. Dit voel asof jy beheer verloor. Maar jy hoef nie so te voel nie.
  • Jy wil graag van die angstigheid ontslae raak. Maar angstigheid is ook nodig om jouself te kan beskerm. Moet dit daarom nie wegwens nie.
  • Wanneer dit voel of die angstigheid te veel of onnodig sterk in jou lewe is, kan jy jouself leer hoe om minder angstig te voel.
  • Leer saam met Ben hoe om jouself te anker sodat jou drakie ’n plek sal hê om tot rus te kom.

Oor die skrywer

Siegfried Louw is predikant, musikant en spelterapeut. Hy fokus veral op kreatiwiteit in kinderbediening. Sy twee kinders is sy eerlikste kritici.

Prys: R99,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Bybel-Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.