Boek: Stories uit die Eikewoud

eikewoud-hasie-soek-slaapplek-voorbladJulia Donaldson
Illustreerder – Axel Scheffler
Vertaler – Philip de Vos

Hasie soek slaapplek

Diep in die Eikewoud kan Hasie glad nie slaap nie. Lig die flappies en vind uit wie haar so wakker hou.

Posman Beer

Diep in die Eikewoud skryf Posman Beer briewe aan al sy vriende. Lig die flappies om te sien vir wie hy skryf!

Soek vir Henna Hen

Diep in die Eikewoud soek Otjie Ot vir Henna Hen. Lig die flappies en help vir Otjie Ot om haar te kry.

Vos se sokkies

Diep in die Eikewoud het arme Vos sy sokkies verloor. Is hulle onder die mat, of binne-in die staanklok? Lig die flappies, en soek saam.

Oor die outeur

Julia Donaldson is in 2012 benoem as die VK se “Children’s Laureate”, en is die outeur van verskeie blitsverkopers vir jong lesers. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Oor die illustreerder

Axel Scheffler se bekroonde titels sluit in: Room on the broom en The snail and the whale. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer. Hy woon in Londen, Engeland.

Oor die vertaler

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY-toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

eikewoud-posman-beer-voorblad eikewoud-soek-vir-henna-hen-voorblad eikewoud-vos-se-sokkies-voorblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.