Boek: Stories van die see

Stories-van-die-see-voorbladWendy Maartens
Illustrasies deur Marjorie van Heerden

Stories van die see is ’n versameling seestories van regoor die wêreld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die seevoëlnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat  plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieënde Hollander”, die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het. Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir Soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see ’n klein lesertjie wegvoer na ’n magiese seestoriewêreld.

Oor die outeur

Wendy Maartens woon in Table View – ’n klipgooi van die “groot blou dam”, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër dwaal. Sy is ’n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer. In 2005 het Lena se bottelboom Exclusive Books se “Publisher’s Choice”-lys gehaal en in 2006 het Maartens ’n eervolle vermelding by die Noma-toekennings ontvang. Sy was ook twee keer ’n finalis by die ATKV se Veertjie-toekennings: In 2006 vir Lena se Bottelboom en in 2007 vir ’n rubriek.

Oor die illustreerder

Marjorie van Heerden woon in Gordonsbaai. Sedert die publikasie van haar eerste kinderboek in 1983, het haar werk in 34 tale verskyn. In 2011 is sy met die W.B. Mkhize-toekenning bekroon vir die Zoeloe-uitgawe van Lulama’s long way home (Uhambo LukaLulama Olude) (Giraffe Books, 2011) en sy het twee M.E.R.-toekennings ontvang vir Nina en Eendjie (Human & Rousseau, 2007) en Goblin Diaries: Apprenticed to the Red Witch (Tafelberg, 2011).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.