Boek: Stories vir die klaskamer

Saamgestel deur Marieta Nel

Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories en Die skool vir rampspoedige talente en ander gelukkige stories is saamgestel uit die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur.

In Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories lees jy stories, gedigte en dramatekste deur bekende skrywers soos Susan Ongansie, Anzil Kulsen, Annerlé Barnard, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen.

Die skool vir rampspoedige talente en ander gelukkige stories bevat stories, gedigte en dramatekste deur onder andere Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens en Hannes Barnard.

Hierdie bundels is deur Marieta Nel saamgestel en dit is geskik vir onderwysers en leerders vir die derde kwartaal se letterkundeprojek wat deel van die voorgeskrewe KABV‑kurrikulum (Caps) vorm. ʼn Aparte studiegids is ook vir onderwysers beskikbaar wat bykomende inligting oor die tekste bevat.

Oor die samesteller

Nel, ʼn voormalige onderwyseres, is ʼn kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoogaangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die perfekte brander.

Prys: R160,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.