Boek: Stories vir jong diereliefhebbers

Wendy Maartens 

Ontmoet ʼn paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld. Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ʼn brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ʼn hond wat by die Britse vloot aangesluit het.

Jock van die bosveld en ander ware dierestories deur Wendy Maartens bevat vyf asemrowende ware dierestories.

Seeman Just Nuisance: Het jy al gehoor van ʼn hond wat lid van die vloot is? Of ʼn pet dra en alleen trein ry? Dit is wat Just Nuisance gedoen het.

Visvriende Big Red en Blackie: ʼn Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse.

Jock van die Bosveld: Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.

Die ysbeer en die kietsiekat: Die merkwaardige verhaal van ʼn katjie wat op ʼn dag in die ysbeerpoel by ʼn dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlike bere gered is.

Gregory Peck die brilpikkewyn: Ervaar hoe ʼn brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee.

Die stories word op ʼn toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.